Onderrig word aangebied deur Susan Theron . Sy het jarelange onderwys ervaring en haar leerders behaal jaarliks top prestasies in die Nasionale Senior Sertifikaat Eindeksamen.
Klasse word aangebied in ‘n lokaal met lugversorging in Moreleta Park, Pretoria.
Voldoende gratis parkering by die lokaal.
Leerders in Grade 10 tot 12.
Klein klasse - maksimum 6 leerders per klas.
Onderrigtaal is Afrikaans.
Engelssprekende leerders, wat Afrikaans magtig is, is welkom.
Susan is ‘n bekwame onderwyseres wat reeds jare lank onderrig in Fisiese Wetenskappe gee. Haar visie is om leerders wat met Fisiese Wetenskappe sukkel te help om te verbeter en te presteer en ‘n liefde vir die vak te ontwikkel. Hoe beter die leerder presteer, hoe meer gemotiveerd is die leerder om hard te werk. Hoe beter die leerder voorbereid is, hoe minder spanning ervaar die leerder die tydens skryf van eksamens en toetse.
Susan het ‘n BSc graad met Wiskunde en Chemie as hoofvakke by die destydse Randse Afrikaanse Universiteit verwerf, en daarna gekwalifiseer met ‘n Nagraadse Hoër Onderwysdiploma.
Buiten vir ‘n kort periode as dosent by die Onderwyskollege van Pretoria, het Susan haar loopbaan tot nou gewy aan onderrig aan Gr 10 – 12 hoërskoolleerders.
Die leerders in die skole waar sy betrokke is en was, behaal jaarliks top prestasies in die Nasionale Senior Sertifikaat Eindeksamen.
Susan was ook ‘n nasiener in die Nasionale Senior Sertifikaat Eindeksamen, vir 30 jaar, asook ‘n senior nasiener vir 10 jaar.
Haar sukses word toegeskryf (een woord) aan haar vermoë om moeilike konsepte te verduidelik en leerders te motiveer en hul kennis te verbreed.
Stuur ‘n epos aan susan@wetenskapwenners.co.za of stuur ‘n whatsapp aan 072 012 5540. Boodskappe sal tussen 20H00 en 21H00 beantwoord word, of voltooi die kontakvorm.
Do you want to enjoy Chemistry and Physics again and are needing an extra class?
If you are a Gr10, Gr11 or a Gr12 learner and can understand Afrikaans medium tutoring, then look no further.
Wetenskapwenners offers dedicated small classes with an experienced and passionate teacher.
Year on year, the learners from Susan’s classes excel in the National Senior Exams.
Classes are offered in Moreleta Park, Pretoria.
For more information, kindly complete the contact form.